Alexios V Doukas

Alexios V Doukas
Keiser van die Bisantynse Ryk
Alexios V, uit ’n manuskrip van omstreeks die 14de eeu.
Alexios V, uit ’n manuskrip van omstreeks die 14de eeu.
Bewind 1204
Dinastie Angelos
Voorganger Isak II Angelos en Alexios IV Angelos
Nikolaos Kanabos (gekies deur die Bisantynse senaat)
Opvolger Baldwin van Vlaandere (Latynse Ryk)
Konstantyn Laskaris (Nicea)
Michael I Komnenos Doukas (Epirus)
Alexios Megas Komnenos (Trebizond)
Gebore Omstreeks 1140
Oorlede Desember 1204
Vrou Eudokia Angelina

Alexios V Doukas (Grieks: Ἀλέξιος Εʹ Δούκας; omstreeks 1140 - Desember 1204) was van 5 Februarie tot 12 April 1204 keiser van die Bisantynse Ryk, tydens die tweede en finale beleg van Konstantinopel deur die deelnemers aan die Vierde Kruistog.

Sy van was Doukas, maar hy was ook bekend onder die bynaam Mourtzouphlos (Grieks: Μούρτζουφλος), wat verwys na óf dik, oorhangende wenkbroue óf ’n nors, swaarmoedige karakter.[1]

  1. Choniates, p. 307, (sien ook: Head, p. 238) meen Alexios Doukas het die bynaam gekry oor sy wenkbroue wat aanmekaargegroei was en oor sy oë gehang het.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search